fbpx
image

Digitale Bemarking

AD CAMPAIGNS

Advertensieveldtogte

Ons spesialiseer in Facebook, Instagram en Google advertensieveldtogte.  Daar is verskeie tipe advertensies wat geloods kan word.  Als hang af van jou besigheid en wat jy met ‘n advertensieveldtog wil bereik.  

SOCIAL MEDIA

Sosiale media

Ons dink nie daar is een besigheidseienaar wat nie besef hoe belangrik dit is om aktief op sosiale media te wees nie.  Maar wie het die tyd daarvoor?  

Wel laat ons toe om die vonk in jou profiel terug te sit.  Ons doen heel eerste ‘n volle oudit oor jou aanlynvoetspoor voor ons wegspring.  Indien jy belang stel, kontak ons vir ‘n kwotasie.

VIDEO CREATION

Videoskepping

Dis wat mense wil sien!  Hulle wil nie lees nie.  Ons doen baie verskillende tipe videos van logo intro/exit, produk advertensie, interviews ens.

Kontak ons gerus indien jy hierdie diens benodig.  Ons raak graag saam jou kreatief.

LEAD GENERATION

Leidraadgenerering

Dit behoort die mikpunt van elke besigheid te wees … om ‘n lys van moontlike kliënte, te bou.  Dit word gedoen deur Facebook, Instagram en Google advertensieveldtogte.  Weereens, om dit optimaal te bestuur, is ‘n webtuiste belangrik.

As dit vir jou grieks is, kontak ons, ons verduidelik graag meer hieroor en hoe dit vir jou besigheid kan werk.